Kleinspoortjie Kleuterskool’n Garsfontein is ñ Afrikaanse, Christelike kleuterskool vir kinders van 12 maande – 5 jarige ouderdom. Ons fokus baie op speel en om met ons lyfies te ervaar, en nie net op akademiese kennis nie. Die kindertjies wat ons het, is gelukkige kinders, speel baie en geniet dit om na ons skooltjie toe te kom. Ons klassies is klein, so baie individuele aandag word aan elke kind gegee. Ons liefdevolle en goed-opgeleide juffrouens en ons bekwame en netjiese assistente lei ons kleuters om tot hul volle potensiaal te ontwikkel.