Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein is ‘n Afrikaanse, Christelike opvoedingsentrum vir 2- tot 5-jariges. Ons grootste misie is om elke kind in ons skool met basiese lewensvaardighede toe te rus, en skoolgereed te kry, om hulle ervaringswêreld te vergroot en seker te maak dat hulle daagliks onvoorwaardelike liefde en aanvaarding ervaar.
Ons skep ‘n veilige, liefdevolle en positiewe omgewing waar elke kind geborge voel, waar hulle in ‘n gelukkige omgewing, gemaklik kan leer. Daagliks bied ons ‘n goed gestruktureerde en stimulerende omgewing waar die leerders kan leer, ervaar, ontdek en speel. Ons sien ons taak as een waar die leerders veilig voel om te eksploreer, hulle belangstellings ontdek, waar hulle persoonlikhede gevorm kan word, en waar ons Bybelse beginsels in hulle lewens inbou as ‘n stewige fondasie.
Elke onderwyseres wat onderrig gee by Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein is reeds gekwalifiseerd, of tans besig met hulle studies. Ons assistente is opgeleide dames, met ‘n passie vir die opvoeding van kleuters. Ons kombuispersoneel beskik oor die nodige sertifikate en vereistes soos verlang word deur die Departement van Gesondheid. Alle personeellede van Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein het opleiding ontvang in die prosedures en protokol van COVID-19 om te verseker dat elke kind en onderwyser veilig is op ons perseel.
Die skool is huidiglik geregistreer om 55 kinders te onderrig van die ouderdom 2 jaar tot 5 jaar. Ons beskik oor groot klaskamers waar die leerders geakkommodeer word in ‘n veilige omgewing waar sosiale distansiëring toegepas word. Ons beskik ook oor twee aparte speelgronde. Een speelgrond vir die babas en peuters, en ‘n ander speelgrond vir die ouer kleuters. Ons het ‘n dame wat verantwoordelik is vir die toesig van die kinders na skool.
By Kleinspoortjie Kleuterskool, Garsfontein moedig ons die leerders aan om te groei en deel te neem deur ‘n verskeidenheid aktiwiteite by ons daaglikse program in te sluit: musiek, bak-en-brou, kuns, algemene kennis uitbreiding, sensoriese ontwikkeling, sosiale interaksie, sport, in- en uitstappies.
Ons fokus veral op die volgende 10 fondasies/beginsels:
- Christelike waardes en etiek.
- Motoriese vaardighede
- Lewensvaardighede
- Skoolgereedheid
- Goeie maniere
- Kreatiwiteit
- Ontwikkeling van ‘n verantwoordelikheidsin
- Gesonde sosiale verhoudings met maatjies, asook onderwysers
- Respek vir eie en ander se besittings, tyd en spasie
- ‘n Positiewe selfbeeld